Ané en Mev Louw
Baie geluk aan Ané Braasch wat verkies is om deel te wees van Die Burger se 61 ste jeugleierskonferensie wat hierdie jaar van 6 – 12 Desember plaasvind. Ané is een van 50 ander jeugleiers uit die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap wat verkies is om die konferensie by te woon. Die tema van die konferensie is ‘Die jeug se inspraak in hulle toekoms’.
Mev. J. Louw (Hoërskool Strand) se Leerderleier-skakelonderwyser, is ook vir die vyfde jaar as groepfasiliteerder aangestel.