Agter vlnr: Christopher Smit (hamergooi), Marli Botha (hamergooi) en Anél Swart (hamergooi)
Voor vlnr: Caitlin Isaacs (100m) en Rejeanne Herbst (hamergooi)
Hoërskool Strand atlete, Christopher Smit, Marli Botha, Anél Swart, Caitlin Isaacs en Rejeanne Herbst het gekwalifiseer om op 13 en 14 Maart aan die Wes-Kaap InterprovinsialeAtletiekkampioenskap by Dal Josafat deel te neem. Die doelwit van elke atleet is om te kwalifiseer om aan die ASA Jeug- en Junior Kampioenskap op 26-28 Maart by Dal Josafat in die Paarl deel te neem.