Hoërskool Robertson het die afgelope naweek aan die WP-Boland Toutrek Kampioenskappe deelgeneem.
480kg A Dogters – 4de plek
560kg A Seuns – 2de plek (Silwer Medalje)
520kg A Gemeng – 1ste plek (Goue Medalje)
Dit is ook eerste keer in die geskiedenis dat Hoërskool Robertson se leerders hierdie afdeling wen. Hulle ontvang Boland-kleure.
Die toutrekspanne neem op 23-24 April by die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal deel aan die Suid-Afrikaanse Toutrekkampioenskappe.
Baie geluk met julle mooi prestasies. Julle maak Robbies baie trots.
Hou so aan!