Agter verskyn Lunje Mengezeleli, Rian Celliers en Nina Kolesky
Ses-en-dertig lede van die Sosiale-, Sport- en Kultuurkomitees van Hoërskool Punt, het op Maandag, 28 Oktober, opleiding in leierskap ontvang. Hierdie lede speel ‘n baie belangrike rol in die die skool aangesien hulle die skakel tussen die leerders en personeel vorm. Hulle het ‘n groot taak om volgende jaar te vervul.
Me. Sanet Grobler, ‘n opgeleide fasiliteerder in leierskap, lei groepe van alle ouderdomme op. Sy het die groepe leiding gegee oor hoe om leierskap op alle gebiede uit te leef en het hulle voorberei op hul taak vir 2020. Die onderskeie groepe het ook hul beplanning vir 2020 gedoen.
Me. J. Aucamp was die onderwyseres in beheer van die VRL vir die afgelope 8 jaar. Sy tree DV Februarie 2020 af en Me. M. Leeuwner neem die leisels, as skakelonderwyser by haar oor.