Herman Knoetze
26 Van Hoërskool Punt se atlete het die afgelope naweek aan die ASWD Talent ID atletiekbyeenkoms, aangebied deur Atletiek SWD, in Oudtshoorn deelgeneem.
Die doel van hierdie byeenkoms is om talent te identifiseer en atlete ‘n goeie afsluiting tot die seisoen te gee.
Punt se atlete het baie goed gevaar en baie goeie uitslae, tye en afstande is gelewer.
20 Goue medaljes, 11 Silwer en 6 Brons medaljes is deur Punt se atlete verower.
Wenners was:
Anika Beukes D15 Goud 100m, 200m
Anika Snyders D15 Goud Spiesgooi
Jandri Snyders D15 Goud 800m
Shane Snyders D18 Goud Hammergooi
Aronne Erasmus Goud S18 110mH, Silwer 200m
Stembiso Dhlamini Goud S18 100m, Goud 200m
Mario Swanepoel Goud S15 Hammergooi
Dylan Boshoff Goud S15 Gewigstoot, Diskus
Lucky Tshawe Goud S15 300mH, Silwer Verspring, Brons 100m
Liam Kannemeyer S18 Silwer 100m, Silwer 200m
Brenden Scutte S18 Goud 800m
JB Fizvaz S15 Goud Spiesgooi, Silwer Diskus, Brons Hammergooi
SP Fivaz S15 Goud Spiesgooi, Silwer Gewigstoot
Girard September S18 Goud Driesprong, Silwer 100mH
Lee-Roy Muller S15 Goud 400m, Silwer 200m
HJ Nell S15 Silwer 800m
Herman Knoetze S18 Goud 800m
Reinhardt Nel S15 Goud Verspring
Andre Hattingh S15 Brons Gewigstoot
Tyron Viljoen S15 Silwer Spiesgooi
Abigail Figland D18 Goud Diresporng, Silwer Versping
Carmel Treurnicht D18 Silwer Driesprong
Courtney Williams D18 Brons Versping
Jonique Erasmus D18 Goud Verspring
Sameer Matthews M20 Goud 100m, Brons 200m
Atletiek gedurende 2019 was verseker ‘n suksesverhaal by Hoërskool Punt. Daar was elke naweek goeie deelname teen top skole in die land.
Mnr. Foreman wil graag elke ouer, ondersteuner, borg en die belangrikste, die afrigters en atlete bedank vir hulle harde werk. Hulle sien uit na die 2020 seisoen!