Kyla Buitendach, Desiré Jansen van Vuuren, Jana du Pisani, Carla Meyer, Bonny-Lyle Young, Diné Ras en Ruan Roos
Hoërskool Punt se SPCA Cadets van 2019 het onlangs hul balkies, sertifikate en T-hemde ontvang vir die suksesvolle voltooiing van die hul kursus. Die leerders het deur die jaar ‘n intensiewe kursus by die DBV voltooi wat teoretiese en praktiese werk ingesluit het. Die kursus is afgesluit met ‘n eksamen en ‘n besoek aan die DBV om ‘n sterilisasie te observeer. Al die leerders wat die eksamen geskryf het, het geslaag.
Baie geluk aan hierdie leerders!