Vlnr: Wentzel Pauw, Dylan Endeacott, Ryan Pienaar, Tacha-Marie Joubert en Minonet Horn.
Die naweek van 25 Januarie het ‘n groep entoesiastiese van Hoërskool Punt stappers na Knysna vertrek om nog ‘n naweek in ons skone natuur te spandeer. Die trotse groep Visse het die Rondebossie – Diepwalle roete gestap en elke oomblik daarvan geniet. Deur bloed en sweet het hulle Jonkersberg, enige tiener se grootste vyand, oorwin, en weereens bewys dat jy enigiets kan doen wanneer jy jou hart daarop sit.
Die stappers is dankbaar vir ‘n ongelooflike mooi en lekker naweek in die Knysnabos en wil spesiaal vir Sanparke bedank vir die geleentheid om die natuur te geniet, en ongelooflike herinneringe te maak.
‘n Groot dankie ook aan Me. Nel en Hoërskool Punt vir die geleentheid om deel van die Natuurlewestapklub te wees.