)

Arend-meisies vlieg hoog by Toutrek!

Tydens die eerste gewigsafdeling van die afgelope Saterdag se toutrekkompetisie, gehou te Worcester Gimnasium, het Hoƫrskool Strand se 480kg-meisiespan die vuur aan die brand gesteek en gewys waarom hul die span is om dop te hou!

Trek na trek het hul skitterend saamgewerk en met hul tegniek en fiksheid beĆÆndruk. Hulle was ongelukkig om in die drie-trek finaal te verloor maar het ā€˜n welverdiende tweede plek verower.Ā  Daardeur was hulle die beste span in die WP en was hul ook die meisiespan wat nóg die beste vir HoĆ«rskool Strand, asook in die Helderberg, gevorder het. Hierdie span is nou vol gees en gemotiveerd om nog verder groter skole se dogterspanne skrik te maak.

Al die ander Arend-spanne het ook goeie rekenskap van hulself gegee met veral die 520kg gemengde span wat soos verlede week pragtig getrek het, maar wat op ā€˜n tegniese punt nie die finale rondtes kon maak nie.

Soos altyd was dit ā€˜n belewenis om 188 spanne te sien deelneem en was die dag soos voorheen heerlik om by te woon vir beide toutrek-atlete asook ouers en ondersteuners.Ā  Hierdie jaar het die WP-spanne gewys dat toutrek plaaslik baie kompeterend teenoor die Wynlandspanne is en gaan wees. Die opbou na die komende WP/Wynland Junior Kampioenskap beloof om baie verrrassings op te lewer.

Arend-toutrek groei en is gesond!Ā  Belangstellendes is meer as welkom om Dinsdae en Donderdae te kom saam oefen vanaf 18:00 tot 19:30.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – HoĆ«rskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. HoĆ«rskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoĆ« en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en HoĆ«rskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal