Hoërskool Punt, Mosselbaai, se jaarlikse “Gorrie-konsert” het op Dinsdag, 21 Januarie plaasgevind. Die groot groep gr. 8-leerders en prefekte was baie opgewonde aangesien die klasse teen mekaar moes kompeteer vir die beste item. Vanjaar se items het bestaan uit verskillende liedjies waarop die leerders en hul prefekte moes dansies uitwerk en uitvoer.
Dit was ‘n gespook om al die passies agtermekaar te kry en dan boonop, soos wafferse dansers, op die verhoog voor ‘n baie groot gehoor te dans. Die inisiatief en verbeelding het die gehoor baie beïndruk en die applous na elke item was genoeg om die beoordeling baie moeilik te maak!
Die wenners van die aand was Me. J. van der Merwe se 8A3-klas. Hulle het gedans op die aansteeklike ritme van Nkalakatha van Mandoza!