)

Hoërskool Punt hou Gorrie-konsert

Hoërskool Punt, Mosselbaai, se jaarlikse “Gorrie-konsert” het op Dinsdag, 21 Januarie plaasgevind.  Die groot groep gr. 8-leerders en prefekte was baie opgewonde aangesien die klasse teen mekaar moes kompeteer vir die beste item.  Vanjaar se items het bestaan uit verskillende liedjies waarop die leerders en hul prefekte moes dansies uitwerk en uitvoer.

Dit was ‘n gespook om al die passies agtermekaar te kry en dan boonop, soos wafferse dansers, op die verhoog voor ‘n baie groot gehoor te dans. Die inisiatief en verbeelding het die gehoor baie beïndruk en die applous na elke item was genoeg om die beoordeling baie moeilik te maak!

Die wenners van die aand was Me. J. van der Merwe se 8A3-klas. Hulle het gedans op die aansteeklike ritme van Nkalakatha van Mandoza!

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal