)

Hoërskool Punt Hart-loop Atletiekbyeenkoms

Lara Lubbe by ‘n baie trotse Mnr AJ Gouws (skoolhoof)

Hoërskool Punt, Mosselbaai, het vanjaar se jaarlikse Hart-loop Atletiekbyeenkoms op 10 en 11 Januarie in Oudtshoorn aangebied. Hierdie byeenkoms is ‘n jaarlikse instelling waartydens die atlete en sangspanne van Langenhoven Gimnasium, Hoërskool Ounteniqua en Hoërskool Punt teen mekaar meeding.

Punt het ‘n baie sterk atletiekspan gestuur en spog met uitstekende uitslae. Punt het Deacon Cooper is aangewys as die beste veldatleet vir Junior seuns en Lara Lubbe as die beste baanatleet vir Junior Dogters. Deacon het ook die Hamergooi-rekord vir seuns o/14 verbeter.

Punt het algeheel baie goed presteer met 17 eersteplekke, 25 tweedeplekke en 19 derdeplekke. Punt se sangspan het ook baie goed gedoen en einding in die derde plek.

Besondere Prestasies was gelewer deur:

Dogters o/14: Joalize Steyn ,200m (28,32m) en Marzaan van Der Linde, Diskus (22,58m).

Dogters o/15: Lara Lubbe 300m Hekkies (49,00 sek), Johané de Jager 90m Hekkies (15,20 sek) en Verspring (4,47m).

Dogters o/17: Leandri van Der Linde, Gewigstoot (10,73m), Anika Beukes 100m (12,97 sek), Anika Beukes 200m (26,59 sek) en Jandri Snyders 800m (2:25 min).

Dogters o/19: Abigail Figland Driesprong (10,86m).

Seuns o/14: Deacon Cooper Hamergooi nuwe rekord (42,12m).

Seuns o/17 Mario Swanepoel Hamergooi (39,50m), Lodewyk le Grange 200m (24,83sek), Girard September Verspring (6,13m), en Driesprong (12,61m).

Seuns o/19: Brendan Schutte 400m (53,80 sek), Liam Kannemeyer 100m (11,69 sek), Jay-dee van Reenen 110mHekkies (19,20 sek) en Danie van Langelaar 800m (2:21.min).

Hoërskool Punt bedank graag almal wat betrokke was en ook die Borge wat die byeenkoms moontlik gemaak het.

Lara Lubbe in aksie

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal