Hoërskool Punt in Mosselbaai se Gr 8’s het ‘n paar boodskappies:
Melissa Beukes 8A3: Wat ek die meeste mis van skool is my vriende en my onderwysers as ook gholf oefen na skool met Mnr Steinhöbel.
Dionné Fritz 8A1: Ek mis my vriendinne en vriende. Ek mis ook die onderwysers se klasse en die grappies in die klasse

Areej Weimers Gr8E1: I feel Covid 19 has taken my first year of High School almost away from me. I miss the teachers, my friends and just being part of an amazing School. Point High School Rocks!! See you soon!
Abigail Denny Grade 8E1: What I miss most: I miss all the after school activities and cultural clubs

Dunéy Peens Gr 8AE: Ek mis VIS wees en my Punt familie!
Dries Grobler, Gr. 8A4: Ek mis sport die meeste van skool.

Jean-Pierre Vermeulen 8A1: Ek mis my vriende, onderwysers en ek mis die lekker tye wat ons gewoonlik in die klasse het.
Marzaan van der Linde Gr 8AE: Liefste Hoërskool Punt. Nooit het ek gedink ek sal sê ek verlang terug skool toe nie, maar die laaste 78 dae van lockdown was ‘torture’. Ai ek mis my maats, die seniors ( matrieks), pouses in die Vistenk, die onnies (veral Mnr D’Elboux) atletiek, netbal, die gees, elke dag se opwinding van nuwe dinge. Ek mis die skool roetine ( homeschool werk net nie vir my nie). Kan nie wag om terug by die skool te wees nie en natuurlik kan ek nie wag om my skoolbaadjie met trots te kan dra nie. Ek bid dat elke Vis gesond en veilig sal bly. Tot ons mekaar weer sien.

Lindelihle Saptoe in Gr 8E2: I really miss my friends, teachers and seniors. What I miss the most is going to hall every Monday
Johannes Pretorius en TJ Vorster gr 8A3: Ons mis die matrieks, die onderwysers, rugby, tennis en hokkie (en veral vir Me. Jessica vd Merwe). Ag ons mis sommer net alles van “Vis” wees!

Monnelize Langdown gr8 E2: .I miss school .the friends , the teachers ,the seniors and especially our class teacher mr Neethling.
Caitlynn Kruger gr8 AE: Ek mis my vriende en onderwysers!

Logan de Vries Gr8AE: I miss my new friends, the teachers, just everything about school. I pray that lockdown will be over very soon and that everybody will just be safe❤️
Lara Janse van Rensburg 8A3: Ek mis alles van skool veral my vriende💛

Caria Kruger 8A1: Ek mis my onderwysers!
Leo Fraser 8A4: Mis my rugby baie!

Kaitlyn Kruger Gr 8A1: Ek mis my vriende, hokkie oefening. Ons mis uit op soveel nuwe ervarings as Gr8 leerders. Mis my onderwysers. Hoop lockdown is gou verby!
Ruben Le Roux Gr8A5: Ek mis al my maats en die onderwysers.

Christo van Zyl Gr 8A5: Ek mis my vriende, die sport oefening en net die lekker van hoërskool. Ek mis die onderwysers wat werk vir ons verduidelik in die klas.
Marsha Walker Gr 8A3: Met die vraag ‘ Wat ek die meeste mis van skool?’, sê ek sonder enige twyfel dat ek die entoesiasme van die onderwysers, hul passie en moeite wat hulle doen om lesse lekker en opwindend te maak, asook die maniere wat hulle gebruik sodat ons die inligting kan onthou. Dis wat ek die meeste mis. Maar laaste maar nie die minste, mis ek my vriendekring.

Gratia Pauw 8A3: Wat ek die meeste mis van HSP…Al die sosiale byeenkomste, die netbal saam met Juf. Nel, Die pragtige uitsig, en… Ek mis my vriende, my onderwysers en my skool, ek mis alles!!!
JJ Malan 8A : Ek mis sport en my vriende!

Shane Anthony Fourie Gr 8A4: Mis my vriende vreeslik en al fun by skool
Adriaan Kask 8A1: Met die Covid-19 lockdown het ek besef hoe baie ek skool eintlik mis. Ek mis al die onderwysers wat altyd so vriendelik en n goeie sin vir humor het. Ek mis al my maats en ons grappe wat ons sou maak. Ek mis ook baie die vistenk en al was dit net een kwartaal wat ek by die skool was, het ek alklaar baie memories gemaak. KAN NIE WAG OM WEER TERUG TE KOM SKOOL TOE NIE!

Daniska de Klerk Gr8A1: Ek mis my onderwysers en die energie van die skool!
Hendrico Schrader Gr8A2: Vir my mis ek die meeste die nuwe vriende wat ons gemask het as graad 8, nuwe maats van verskillende skole. Ek mis rugby, want vir die eerste keer het ek rugby geniet vir die manier wat onderwysers ons laat oefen het en ons laat span kry het op meriete. Ek mis die onderwysers en hoe ek soms met my grapperige persoonlik soms hul gryshare gee of hul mal maak. Ek wens lockdown kan nou verby wees.

Riaan Kotzé Gr.8A5: Ek mis my maats, die vistenk, my nuwe skool en die vibe!
Monnelize Langdown Gr8E2: Miss my friends and also teachers.











