Chadey Schutte, Gr9 leerder van Hoërskool Punt in Mosselbaai, het die Springbok 7’s trui van Blitzbok Kaptein, Siviwe Soyizwapi gewen. Die gelde was vir die O/15 Rugby se fondsinsameling. Die trekking was self deur Blitzbokkaptein by Punt gedoen. Die oorhandiging van die trui kon nou eers plaasvind. By Chadey staan Hoërskool Punt se Sporthoof, Mnr JR Foreman, wat ook die Afrigter van die O/15 Span is.
Baie geluk Chadey.