Vlnr: Mnr. Robert Gerber, Mnr. Michiel Neethling, Mnr. Tokkie Kasselman en Mnr. JR Foreman.
Hoërskool Punt het op Vrydag, 1 November, ‘n gholfdag by Mosselbaai Gholfklub aangebied. Ses-en-negentig spelers het deelgeneem en was baie tevrede met die verloop van die dag. Fantastiese pryse (soos gholfsakke, groot koelhouers met wieletjies en ‘n opslaan braaier) is gewen.
Mnr. Andre van Wyk en Hendrik Kriek het weggestap met die eersteplek en die “langste dag” het behoort aan Mnre JR Foreman en M. Neethling van Hoërskool Punt.
Die dag kon nie plaasvind sonder die samewerking van Mosselbaai Gholfklub wat uit hul pad gegaan het om Punt te akkommodeer. Die ete (Kerrie en rys) was heerlik!
Dan ook aan Hoërskool Punt se getroue en lojale borge, baie dankie dat julle altyd bereid is om Punt te ondersteun.
Hoërskool Punt bedank die volgende borge: Mosselbaai Volkswagen, Mosselbaai Toyota, Mnr. Marius Theron, Mosselbaai Gholfklub, Pinnacle Point Pro Shop, Pinnacle Point Gholfklub, Rauch Gertenbach Prokureurs, Route 57 Restaurant, Mnr. Johan van Zyl, New Look Kitchens, Spar Da Nova, Mnr. Wynand Stander, Garden Route Casino, Hartenbos Slaghuis, Nell Konstruksie, Harcourts Mosselbaai, Gastao’s Mosselbaai, Suid-Kaap Gholfunie, The Travel Chain Mosselbaai, Mnr. Greg Fenn, Old Mutual, Mnr. Altus Wesselsen Mnr. Andre Kruger.
Baie dankie vir almal se bydrae om van die dag ‘n reuse sukses te maak. Sien u volgende jaar vir ’n beter, groter en, indien moontlik, ‘n nog lekkerder dag.
Mnr. G. Steinhöbel – Hoof van Gholf