)

Hoërskool Punt Gholfdag

Vlnr: Mnr. Robert Gerber, Mnr. Michiel Neethling, Mnr. Tokkie Kasselman en Mnr. JR Foreman.

Hoërskool Punt het op Vrydag, 1 November, ‘n gholfdag by Mosselbaai Gholfklub aangebied. Ses-en-negentig spelers het  deelgeneem en was baie tevrede  met die verloop van die dag.  Fantastiese pryse (soos gholfsakke, groot koelhouers met wieletjies en ‘n opslaan braaier) is gewen.

Mnr. Andre van Wyk en Hendrik Kriek het weggestap met die eersteplek en die “langste dag” het behoort aan Mnre JR Foreman en M. Neethling van Hoërskool Punt.

Die dag kon nie plaasvind sonder die samewerking van Mosselbaai Gholfklub wat uit hul pad gegaan het om Punt te akkommodeer.  Die ete (Kerrie en rys) was heerlik!

Dan ook aan Hoërskool Punt se getroue en lojale borge, baie dankie dat julle altyd bereid is om Punt te ondersteun.

Hoërskool Punt bedank die volgende borge: Mosselbaai Volkswagen, Mosselbaai Toyota, Mnr. Marius Theron, Mosselbaai Gholfklub, Pinnacle Point Pro Shop, Pinnacle Point Gholfklub, Rauch Gertenbach Prokureurs, Route 57 Restaurant, Mnr. Johan van Zyl, New Look Kitchens, Spar Da Nova, Mnr. Wynand Stander, Garden Route Casino, Hartenbos Slaghuis, Nell Konstruksie, Harcourts Mosselbaai, Gastao’s Mosselbaai, Suid-Kaap Gholfunie, The Travel Chain Mosselbaai, Mnr. Greg Fenn, Old Mutual, Mnr. Altus Wesselsen Mnr. Andre Kruger.

Baie dankie vir almal se bydrae om van die dag ‘n reuse sukses te maak.  Sien u volgende jaar vir ’n beter, groter en, indien moontlik, ‘n nog lekkerder dag.

Mnr. G. Steinhöbel – Hoof van Gholf

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal