Hoërskool Punt van Mosselbaai se Fotografieklub “pluk die vrugte” van harde werk.
Die PHS fotografieklub het hul talente gaan beoefen op die pragtige aarbeiplaas net buite George, Redberry Farm.
Nie net is daar fotografie tegnieke beoefen nie, maar deelname aan die verskeie aktiwiteite was baie belangrik om te verseker daar word kwaliteit fotos geneem.