)

Vloeibare Middelpunt beïndruk tydens NHS-kultuurweek

Hoërskool Nelspruit het sy jaarlikse kultuurweek Maandag 27 Augustus met ‘n tienertoneelstuk in die skoolsaal afgeskop.

Wat hierdie jaar se toneelstuk spesiaal maak, is die feit dat dit nie net deur Nellies geskryf is nie, maar boonop ‘n nasionale bronstoekenning in die ATKV Tienertoneekompetisie behaal het.

Vloeibare Middelpunt is deur Theresa-Louise Brink, bygestaan deur Josua Mathee (beide graad 12) geskryf en spelers het elk die geleentheid gekry om hul eie karakters te ontwikkel.

Die toneel beeld die verskeie uitdagings wat die hedendaagse jeug se pad kruis, uit. Altesaam 40 leerders het oudisies afgelê en 14 was uiteindelik deel van die geselskap met regie deur en onder leiding van me. Frances van Niekerk as produksiebestuurder.

Behalwe vir die bronstoekenning het die stuk ook verskeie toekennings vir tegniese aspekte behaal, o.a. Kiandri van Wyk wat brons vir choreografie gekry het en Ernst Pieterse vir klank.

Wat dit verder merkwaardig maak is die feit dat die skool slegs aan die kompetisie deelneem, maar nie drama as vak aanbied nie. “Die kinders se eie rou talent spreek vanself.

Die groep is groot want die geleentheid word ook ter ontwikkeling van hierdie talent gebruik,” meen me. Retha Smit, organiseerder. Die meeste skole se stukke het drie tot vyf spelers.

“Ons doel is om die leerders van NHS wat uitsonderlike aanleg en talent in die drama-bedryf toon, ‘n platform te bied waar hulle hul talent ten beste kan ontwikkel.”

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal