Pieter Hoogenboezem word deur die skoolhoof van Hoërskool Pietersburg, Mnr Willie Schoeman gelukgewens.
Pieter Hoogenboezem van Hoërskool Pietersburg is as vanjaar se Matrikulant van die jaar gekroon! Pieter is Hoërskool Pietersburg se onderhoofseun vir 2019. Pieter se ouers, Eldi en Hans Hoogenboezem, was oorstelp van vreugde toe Pieter aangewys is as die Matrikulant van die jaar!
Pieter speel rugby en sokker vir sy skool se 1ste spanne. Verder neem hy ook deel aan atletiek.
Baie geluk, Pieter. Pieties is baie trots op jou!!