Baie geluk aan die twee trotse Kwagga beurswenners, Marc van der Merwe en Dihan Goussard, twee Ekonomie leerdes van Hoërskool Outeniqua in George. Hulle het ‘n voorlegging gaan doen aan die Weskaapse Minister van Finansies, die Weskaapse Minister van Onderwys en die Hoofekonoom van Nedbank. In hul voorlegging moes hul voorstelle maak hoe om Suid-Afrika se Ekonomie te verbeter. Die paneel van beoordelaars was so beïndruk met hul voorstelle, dat hulle aan beide leerders studiebeurse verskaf het vir hul graadstudies vir die volle duur van hul kursus.
Kwaggaland is trots op julle!!