Die jaarlikse sportdag teen Diamantveld het plaasgevind op 19 Mei in Kimberley. Drie van Uppies se hokkiespanne het teen Diamantveld gaan meeding, nl. 1ste Dogters en Seuns, sowel as die 0/16A dogters. Die wedstryd uitslae is as volg:
0/16 A Uppies vs Diamantveld – verloor 1-0
0/18 A Uppies dogters vs Diamantveld – gelykop 1-1
0/18 A Uppies seuns vs Diamantveld – verloor 1-0
Al die wedstryde het in goeie sportmangees plaasgevind en ons vrienskapsbande met Diamantveld is net verder versterk.
Baie dankie aan elkeen van ons borge, ouers en vriende wat bygedra het tot ‘n suksesvolle sportdag. Uppies hokkie waardeer elkeen van u.