Michelle Groves, ‘n matriek leerder van Hoërskool Outeniqua in George en tans Outeniqua se 1ste netbalspan senter, is oppad Australië toe. Michelle verteenwoordig die o/18 SA netbalspan. Die span vertrek op 25 Mei en keer op 2 Junie weer terug.
Michelle Groves inspireer die spelers rondom haar met haar uitstekende uithouvermoë. Geen uitdaging is vir haar te groot nie. Haar geloof, toewyding en bereidwilligheid om te leer is wat haar ‘n goeie rolmodel maak. Sy is altyd bereid om die ekstra myl te stap en is ‘n formidabele speler op die baan.
Die Kwaggas wens vir Michelle alle sterkte toe vir die toer en weet dat sy ‘n goeie ambassadeur vir Hoërskool Outeniqua sal wees.