Die 2019 VRL en Kampusvermaak Portefeulje van Hoërskool Outeniqua in George, het saamgespan om hierdie jaar se Kwalentaand aan te bied.
Die aand was ‘n reuse sukses en al die deelnemers het goed saam gewerk om ‘n ongelooflike vertoonvenster van Kwagga talent ten toon te stel. Dit is veral die Graad 8’s wat hulself oortref het met hul positiewe gesindheid en entoesiasme.
Die items was van hoogstaande gehalte en het akrobatiese dans, hip-hop, akoestiese musieknommers en sang ingesluit.
Die wenners van die aand was Dian Swanepoel Gr 12 (derde plek – sang), Rico Strauss Gr 12 (tweede plek – dans) en Bevan Wright Gr 9 (foto heel bo: eerste plek – sang).
‘n Hartlike dank aan CAW Sounds, die hoofborg vir die geleentheid, oud-Kwagga, Brighitte Deister (gaskunstenaar), asook ons beoordelaars en almal wat gehelp het om die aand suksesvol te maak.