)

Hoërskool Upington o/15 krieket

‘n Bedrywige seisoen het afgeskop en Uppies krieket speel die seisoen in 3 verskillende ligas, o/15 liga, o/19 liga, reserwe liga, asook in die Coca Cola T20 Shootout.

Foto bo: agter vlnr: Ferdie Richter,SW Strauss, GT Geldenhuys, John-Mark Solomon, Brent Mulder, Awie van der Westhuizen, Ricky Slabbert, SD Botes en Benno-Wayne Friedman.

Voor vlnr: Gideon Breedt, Sheldon Cloete, Jaydon Fortuin, Daylon Beukes en Geo Engelbrecht.

Hierdie jong span het sover 2 wedstryde hierdie kwartaal gespeel. Die eerste wedstryd was teen Hoërskool Kenhardt.

Geo Engelbrecht slaan ‘n onoorwonne 69 lopies in 25 boulbeurte, Brent Mulder 45 en Daylon Beukes 58. Dit het bygedra tot ‘n totaal van 211 lopies.

Hoërskool Kenhardt word uitgehaal vir 65 lopies. Brent Mulder neem 2 paaltjies, Ferdie Richter 3 en Ricky Slabbert 2.

Uppies O/15 wen met 146 lopies!

Die tweede wedstryd was teen Hoërskool Carlton van Heerden. Uppies wen die wedstryd met 8 paaltjies Brent Mulder neem 2 paaltjies, Ferdie Richter 2, Awie van der Westhuizen 2 en Jaydon Fortuin ook 2.

Carlton van Heerden word beperk tot 68 lopies.

Hoërskool Upington verkry die totaal in slegs 46 balle om die wedstryd te wen.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal