JJ Snyders, gr.10 leerder van Hoƫrskool Upington en diƩ skool se spogatleet, is uitgenooi na `n prysuitdelingsfunksie te Kimberley.
Die koerante, Express en Kalahari Bulletin, hou hul āSport star of the year awardsā op Vrydag, 29 November. JJ is hierheen uitgenooi en ons kan nie wag om te sien wat gaan gebeur nie.
Intussen het JJ aan die Ope Byeenkoms te Jim Fouche deelgeneem. Hy en sy nefie (van Bloemfontein) het beide 22.13s in die 200m gehardloop en gesamentlik eerste geeĆÆndig. Hy het ook goud gekry in die 100m Hekkies en die 400m H. In die 400m H het hy `n nuwe rekord opgestel.
Groot dinge lĆŖ nog diĆ© seisoen voor vir die pragatleet van Uppies.