Hoërskool Outeniqua in George is in groot afwagting op die jaarlikse o/14 Kwagga Junior Hokkieweek wat vir die 8ste jaar deur die skool aangebied word.
Tien dogter- en agt seunspanne van regoor die land neem deel aan dié gesogte toernooi.
Die trotse borge wat vanjaar se toernooi moontlik maak, is Combrinck en Vennote en Akademia.
Op die foto VLNR, is Mnr Pieter Cloete, Sporthoof van Hoërskool Outeniqua, Frederik Olivier, organiseerder van die toernooi, Minda-Mari Minnie, afrigter van die o/14 A span, Johan Lubbe, Studenteadviseur : Akademia, Benita Gibson, hoof van Outeniqua se dogtershokkie, Marietjie Kalp, o/14 B span afrigter, asook Melissa en Jaco van Basten, van Combrinck and Associates.
Die Kwagga Junior Hokkieweek vind vanaf 2 – 6 April 2018 op die Astro hokkieveld van Hoërskool Outeniqua plaas.
Besoekers is baie welkom.