Ligbron Akademie vir Tegnologie se rugby-, netbal- en hokkiespanne het op Dinsdag, 27 Maart 2018, in Witbank teen Genl Hertzog te staan gekom in die vierde rondte van die Superreeks. Â Die Liggies het baie goeie prestasies opgelewer met die rugby wat al die wedstryde gewen het.
Die rugbyspanne se uitslae is soos volg: o/14A wen 69-0, o/15A wen 24-5, o/16A wen 31-0, die derdespan wen 31-15, die tweedespan wen 24-7 en die Ligbron Calstar Group Eerstespan wen 38-22. Die volgende spelers het almal gesorg vir drieë: Sibusiso Sibeko (3), Tando Nkosi (1), Njabulo Mahlobo (1) en een straf drie van 7 punte. Leon du Preez het een doelskop aangeteken en Mark Niebuhr 2 doelskoppe. Die netbal het ook baie goeie uitslae vir die dag opgelewer met slegs 2 spanne wat hul wedstryde verloor het. Hulle uitslae is soos volg: o14/A verloor 12-17, o/14B verloor 6-18, o/15A wen 13-11, o/15B speel gelykop 10 elk, o/16A wen 20-16, o/16B wen 17-6, die tweedespan wen 16-10 en eerstespan wen 31-11.
Die eerstespan se doele is deur Liska Paul en Bianca Francis aangeteken. Die Liggie-hokkiespanne het ook ‘n baie goeie dag gehad met gemengde welslae. Die spanne se uitslae is soos volg: o/14 dogters wen 6-1, o/14 seuns verloor 2-5, o/15 dogters speel gelykop 1 elk, o/16 dogters wen 4-0, o/16 seuns speel gelykop 1 elk, tweede dogters speel gelykop 0 elk, die Eerstespan dogters wen 4-1 met doele aangeteken deur Annika Jacobsz (2), Suné Mostert (1) en Marisca Stander (1) en die Eerstespan seuns verloor 0-2.
Op die foto heel bo:Â Jana Swart