Uppies-netbal was in die bevoorregte posisie om Maandagaand teen die gedugte span van Privaatskool Elnatan, al die pad van Stampriet in Namibië, tuis te kon speel.
Uppies wen die wedstryd met 37-15. Baie sterkte aan Elnatan met hulle toer na Mosselbaai.
Voor van links: Janice Avenant, Chané Avenant
Agter van links: Lorraine Groenewald, Di-Marie Visser, Liché Prinsloo, Christine Esterhuizen, Melonice Kordom, Dirette Oberholster, Gillian du Plessis, Cleo Minnaar.