)

Hoërskool Outeniqua, George, se leerders is op merietelys

Vir die tweede agtereenvolgende jaar is die Hoërskool Outeniqua baie trots dat twee van hulle leerders op die Wes-Kaap se merietelys is. Hulle sal op 11 Januarie die voorreg geniet as gaste by die premierswoning, Leeuwenhof, in Kaapstad. Dié twee uitstaande akademiese matriekleerders, is Emma Nel, Hoërskool Outeniqua se Top presteerder en Tiaan Swart in die tweede plek. Met ‘n persentasie van 95,0% en 9 onderskeidings agter haar naam, is Emma ook die 2017 Dux-leerder van Hoërskool Outeniqua. Sy gaan B.Sc Wiskundige Wetenskap studeer en ‘n Matie wees. Tiaan  het 93,9% behaal en het 7 sewe onderskeidings gekry. Hy gaan vanjaar B.Rek ook by die Universiteit Stellenbosch studeer.

Kwaggaland is opreg trots op hierdie uitmuntende prestasies!

Baie geluk aan die Kwaggas se matrieks van 2017 met jul uitstekende uitslae.48 Kandidate het A-gemiddeldes behaal, 30 het ‘n gemiddeld bo 85% en 13 ‘n gemiddeld van bo 90%. Uit die 591 vakonderskeidings wat behaal is, het 4 kandidate 6 onderskeidings behaal, 22 sewe onderskeidings, 6 agt onderskeidings en Malisa Ferreira sáám met Emma Nel ‘n volle 9 onderskeidings.13 Kandidate het ‘n gemiddeld van bo 90%.

Ons dank die Hemelse Vader vir Sy seën.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal