HS Strand is een van die Top 20-skole in die land wat die meeste onderskeidings vir Afrikaans Huistaal in die Senior Sertifikaat eksamen behaal het. Die skool het 34 leerders wat A-gemiddeldes vir Afrikaans Huistaal verwerf het.
Hier is ‘n foto van die Afrikaans Departement van HS Strand:
Voor van links na regs is: mev. Lizanne van Zyl, mev. Odine Lategan, mnr. Jean le Roux, mev. Henriette Schoeman, mev. Jeanne Engelbrecht
Agter: me. Annamare Francis, mev. Lillibet Badenhorst, mev. Lizette Dippenaar, mnr. Andries Louw en mev. Annamarie Louw