Tristan wys sy staal :
Op 2 Februarie het Tristan Nortje van Hoërskool Outeniqua in George, deelgeneem aan die eerste bergfiets “SA Cup Series,” wat ook deel uitmaak van die “Junior World Series.”
Hy het ‘n algehele 7de plek behaal, en was die 3de SA deelnemer in die wedren.
Op die 3de Februarie het hy ‘n 4de algehele plek verwerf en weereens die 3de beste posisie in Suid Afrika.
Kwaggas is baie trots op Tristan!