p 31 Januarie het IITPSA (Institute of Information Technology Professionals of South Africa) hul algemene jaarvergadering in Kaapstad gehad.
Tydens die geleendheid is die beste RTT en IT leerder vir 2018 aangewys.
Elma Lamprecht van Hoërskool Outeniqua (Matrikulant 2018) is aangewys as die beste RTT leerder vir 2018, op grond van haar NSS eksamenpunt vir RTT.
Mnr Michael Cameron (Bestuurder van S.A. se Rekenaar Olimpiades) het die oorhandiging behartig.
Elna was by uitstek ook die heel beste leerder in RTT in die Wes-Kaap!
Die Kwaggas is baie trots op jou, Elma!