Baie geluk aan Minché van der Westhuizen van Hoërskool Oudtshoorn wat dié April-vakansie deelgeneem het aan die SA Uitvoerende Kunste! Sy het twee goue medaljes verower en is ook gekies as een van tien modelle wat gekies kan word vir die Mauritius Fashion Week later die jaar.
Sy is ingesluit in die SA Span wat vanaf 7 tot 24 Julie in Amerika, Los Angeles ons land gaan verteenwoordig en deelneem.
Sy is verlede jaar aangewys as die wenner van die wêreldbyeenkoms in haar ouderdomsgroep in Los Angeles.
Sy het ‘n prestasietoekenning van SACOPA gekry vir haar aanwysing as Senior Grand Champion of the World.