Anita Chen van Hoërskool DF Malan in Kaapstad, het gedurende die vakansie aan die 2019 Nomads SA Girl’s Rose Bowl Championship by die Langebaan Gholf- en Sportklub deelgeneem. Sy is aangewys as die silwer-divisie wenner met ‘n telling van 271.
Anita het ook aan die WP-Vroue Amateurkampioenskappe deelgeneem. Met rondtes van 86-90 (176), het Anita (15) haar opposisie uitgestof in die silwer divisie van die Executive Trophy H1 6.6-15.3. Hier reken sy af met KD Mowbray’s se Cameron Seboa met 2 houe.
Baie geluk, Anita.
DF is trots op jou!