Dewald de Koker, Adriaan Kennedy, Marli Botha, Kristin Meyer
- In die 4 x 400m aflos vir S.19 het Dewald de Koker meegehelp om by die SA Skole Kampioenskap ‘n silwer medalje vir die Wes-Kaap in te oes. Hy het ook by die ASA Jeug- en Junior Kampioenskap in die 4x400m-aflos ‘n brons medalje saam met sy o.20 spanmaats verower.
- Adriaan Kennedy was een van die lede van die 4x 400m onder 20 Boland-span wat die brons medalje by die ASA Jeug- en Junior Kampioenskap ingepalm het.
- Marli Botha (D.17 – hamergooi) het met ‘n yslike poging van 50,23m die brons medalje by die SA Skole Kampioenskap ingepalm.
- Kristin Meyer (D.19 – 10 000m Stap) het ook ‘n brons medalje by die SA Skole Kampioenskap verower – met ‘n tyd van 57:46,92.