Quintus Viljoen het verlede naweek aan die SA National Talent Africa deelgeneem. Hy het 9 goue – en ‘n brons medalje verwerf.
6 Vir drama en 4 vir model(fotogenies). Hy het ook ‘n top-10 medalje gekry vir alle drama in ouderdomgroepe 15jr tot 40+.
Quintus verwerf ook die prys vir “Best Original Concept Actor” met stukke wat hyself geskryf het.
Quintus verwerf ook sy Springbokklere. Hy word ook gekies vir die Suid-Afrikaanse span wat in New York aan World Talent gaan deelneem.
BAIE TROTS op hierdie talentvolle Struisie!