Jeugdag!! ATKV-Struisies het hul Jeugdag-uitreik gedoen saam met die ATKV-Damestak. Hulle het die jeugdiges in die gevangenis gaan besoek en hulle bederf met lemoene en kolwyntjies.
Jayden het ‘n praatjie gelewer oor Jeugdag. Zoë het ‘n gedig voorgelees en Nasia het hulle vermaak met ‘n sangitem.
Die interaksie tussen die jeugdiges en die Struisies was ongelooflik opbouend, positief en verrykend.