)

Hoërskool Nelspruit se nuwe hoof amptelik verwelkom

Hoërskool Nelspruit het mnr. Johan Hattingh amptelik en met trots op Donderdag 3 Mei 2018 tydens ‘n gesellige geleentheid by die seunskoshuis, Huis Hermann Davin se eetsaal, as hoof verwelkom. Dit is nadat hy in April as hoof aangestel is en bykans ‘n jaar as waarnemende hoof ingestaan het.

Lid van die NHS-revue, Christoph Mans het die aand se toon aangestel met die sing van “Come what may”.

Mnr. Arrie Henn, hoof van Laerskool Nelspruit het mnr. Hattingh namens skole en hoofde in die stad verwelkom terwyl beheerliggaamvoorsitter mnr. Louis van der Nest hom namens die skoolgemeenskap verwelkom het en sterkte vir die nuwe seisoen in sy lewe toegewens het.

Mnr. Hattingh wat reeds 32 jaar by die skool werksaam is en vir jare letterlik en figuurlik aan die skool help bou het, sal nou aan die hoof van die Nellie-familie staan. Hy is die sewende hoof in die skool se geskiedenis en neem oor by Dr. Louis Swanepoel wat vir 23 jaar by die skool werksaam was en 12 jaar daarvan die hoof was.

Dr. Swanepoel het verlede jaar sy amp as president van die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU) opgeneem en is ook konsultant vir die Mpumalanga-onderwysdepartement.

Mnr. Hattingh is reeds vir 32 jaar deel van die Nellies nadat hy in 1986 as Wiskunde-onderwyser aangestel is en later die pos as senior adjunkhoof beklee het.  Die afgelope jaar, as waarnemende hoof, was ‘n tyd van opgewondenheid oor wat die toekoms mag inhou, veral met die nuwe Astro-hokkieveld en die kultuur- en veeldoelsentrum wat in gebruik geneem is.

“Dit is vir my ‘n groot voorreg om as hoof van Hoërskool Nelspruit aangewys te word. Die groot voorreg lê daarin dat ek iets vir die Nellie-leerders sowel as die gemeenskap kan beteken. Baie dankie vir jare-lange ondersteuning vir my, maar veral die skool. Ek sien daarna uit om dit wat die Here op my pad gebring het, te kan hanteer,” het mnr. Hattingh na afloop van sy nuwe aanstelling gesê.

Hoërskool Nelspruit wens mnr. Hattingh alle voorspoed toe!

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal