Hoërskool Nelspruit het dié jaar weer van 7-12 Mei 2018 sy asemrowende Skouspel 2018-revue aangebied. Bykans 5000 mense het die nege vertonings in die stadsteater bygewoon. Gr.7-leerders en toekomstige Nellies het ook op Maandag 7 Mei 2018 tydens NHS se opedag, die geleentheid gehad om hierdie pragproduksie op die planke te sien. Die goeie choreografie, dekor en musiek plaas NHS se revue nie net as hoogtepunt op die skool se kultuurkalender nie maar ook op dié van Mbombela. Vanjaar se musiekblyspel is met “Music was my first love” afgeskop en het ander bekende treffers uit verskeie musiekera’s soos Meatloaf se “I would do anything for love” asook Adele-gunstelinge ingesluit.
Pryswenners
Beste dansers: Anesli van Wyk en Allan Burnett
Beste sangers: Mariska Taljaard en Christoph Mans
Beste nuweling: Margo Meyer
Beste kunstenaars: Keandri van Wyk en Charles de Kock
Vyf jaar lid van die revue: Janke Visser en Gerhard van der Merwe