Die natgeorismeklub van Hoërskool Nelspruit was vroeër hierdie maand by Chimp Eden.
Hier het ‘n koue wintersoggend in ‘n warm-gevoel-in-die-hart-oggend vir die groep verander. Elke sjimpansee wat hier gehuisves en versorg word is uit haglike omstandighede gered en kry nou al die nodige liefde, geduld en deurnis.
Interessante feite wat op die dag geleer is, sluit in dat sjimpansees ‘n intellektuele spesie is, maar ook fisies 10 keer sterker is as die alledaagse man. “Ons kyk nou met nuwe oë na hulle.
Definitief ‘n ervaring wat elke diereliefhebber se hart sommer vinniger sal laat klop,” is die algemene gevoel onder lede van die natgeorismeklub.
Chimp Eden is egter afhanklik van donasies soos vrugte en komberse om vir al die gesiggies in die hokke die beste versorging te kan bied.
Deur Lilani Robbertse (leerder)