Hoërskool Nelspruit se graad 8 verteenwoordigende leerderraad het Woensdag, 15 Augustus namens leerders van die res van die graad uitgereik na die karwagte in die dorp.
Daar is soos by geleentheid verlede jaar, weer vir hulle koeldrank en skyfies ingesamel. Dit is aan die wagte by Crossings- en The Grove-winkelsentrum uitgedeel.
“Die wagte was baie verras en het dit met groot glimlagte en baie dankbaarheid ontvang,” sê me. Riana Blom, graadvoog.