)

Hoërskool Nelspruit se debatspanne gaan van krag tot krag

Hoërskool Nelspruit spog vanjaar met ‘n rekordgetal debatspanne.  Sewe senior en vyf  junior NHS-spanne het aan die Mpumalanga en KwaZulu-Natal ronde van die ATKV Debatkompetisie wat op 4 en 5 Mei by Hoërskool Generaal Hertzog plaasgevind het, deelgeneem.

Uit die 26 deelnemende senior spanne van dié streek het agt spanne deurgedring na die Noordwes, Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal rondte wat op 26 Mei in Rustenburg plaasvind.  Ses van dié senior spanne is van Hoërskool Nelspruit.  Graad 12’s: Theo van der Westhuizen, Kees-Piet Barnhoorn, Wehan Viljoen, Gerhard van der Merwe, Josua Matthee, Bernard Coetzee en graad 10’s Danté van der Westhuizen, Ernst Pieterse, Milda van Dyk, Jana Ingwersen, Ané Davey en Leila Booysen  is almal lede van die senior groep debatteerders wat twee-twee in ‘n span moes argumenteer of ‘n verswakte staat die betrokkenheid van die burgerlike samelewing noodsaak.

In die junior afdeling het sestien verskillende spanne kragte gemeet in die debat of suikerbelasting voordelig is vir die Suid-Afrikaanse gemeenskap.  Vyf spanne het deurgedring na die semifinaal in Rustenburg en vier van die spanne is van Hoërskool Nelspruit. Juniors  neem drie in ‘n span deel.  Die graad 9-span bestaande uit Lanika Leuvenink, Erika le Roux en Teneil le Roux het hul debat teen Hoërskool Middelburg gewen.  Die graad 8-spanne wat deurgedring het, bestaande uit Conrad Joubert, Adrienne Combrink, Paul Harley, Katrien Hiemstra, Lana Bezuidenhout, Liza Buys, Megan Bester, Ilze Geldenhuys en Enye van Tonder het die eerste keer aan ‘n debatskompetisie deelgeneem, baie daaruit geleer en dit baie geniet.

Volgens mev Magda van der Merwe, organiseerder van Debat en Redenaars by Hoërskool Nelspruit verg die voorbereiding vir die ATKV kompetisie baie tyd, oefening en navorsing. Sy is trots op die 29 leerders van NHS  wat met toewyding die kompetisie aangepak het.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal