Vier en twintig redenaars van HoĆ«rskool Nelspruit het onlangs aan die eerste ronde van dieĀ ATKV Redenaars in Witbank deelgeneem. Negentien van die toegelateĀ vier-en-twintig redenaars het deurgedring na die semifinaal van hierdie kompetisie wat op 8 Junie by HTS MiddelburgĀ plaasvind.
In die senior onvoorbereide afdeling (gr.10-12) maak ses Nellies amok deur almal deur te dring na die Mpumalanga-finaal.Ā Vier graad 10’s, Mia Dentan, Ernst Pieterse, DantĆ© van der Westhuizen, Milda van Dyk en twee graad 12’s Theo van der Westhuizen en Wehan Viljoen moes die gehoor oortuig dat die ou Suid-Afrikaanse vlag verban behoort te word of die teendeelĀ bewys.Ā Gerhard van der Merwe en Josua Matthee in graad 12 en die twee graad 10’s Melissa Bezuidenhout en Anika Kotze het hul voorbereide toesprake so goed gelewer dat hulle in die senior voorbereide afdeling deurgedring het.
Amenda Bunting in graad 9 het in die voorbereide afdeling vir addisionele taal deurgedring. Ses juniors het aan die onvoorbereide afdeling deelgeneem enĀ Megan Bester, Kian Cilliers en Conrad Joubert (al drie in gr.8)Ā het in die junior onvoorbereide afdeling na ‘n voorbereidingstyd van 90 minute ‘nĀ geslaagde beredenerende toespraak van 4 tot 6 minute gelewer of die gebruik van hommeltuie positief of negatief is. Drie graad 8’s, Paul Harley, Katrien Hiemstra en Anke Oelofse het hul uitstekend van hul taak gekwyt in die junior voorbereide afdeling terwyl Zandri Hurter en Dawie van Heerden gesorg het dat daar graad 9’s in die semifinaal deelneem.
Volgens mev. Magda van der Merwe, organiseerder van debat en redenaars by NHS, laat die ATKV net ‘n sekere aantal sprekers uit elke skool per afdeling toe en daarom moes daar uitdunne in die skool voor die kompetisie gehou word om te kon bepaalĀ wie mag deelneem.