)

Hoërskool Nelspruit klas van 2019 onthul nuwe tradisie

Mnr Johan Hattingh

Die Gr 12 klas van 2019 het vir die laaste keer in hul skoolloopbaan die saalopening van Hoërskool Nelspruit bygewoon. Hier is ‘n kort artikel oor die nuwe tradisie wat onthul is. 

Die matriekklas van 2019 het vir oulaas saam met die Nellies saalopening bygewoon. Tydens die geleentheid is die tradisie wat die matrieks van 2018 begin het, voortgesit en daar is ook ‘n splinternuwe tradisie begin. Die twee hoofleiers, Mia Schmidt en Reuben van der Merwe, het ‘n pragtige ghong aan die skool oorhandig. ‘n Ghong is ‘n Oos-Asiatiese musikale slaginstrument wat die vorm van ‘n plat, sirkelvormige metaalskyf het wat met ‘n hamer getref word. Dit het sy oorsprong in China en het later versprei na Suidoos-Asië.

‘n Ghong produseer twee verskillende tipes klanke. Arno Marais het hierdie ghong gemaak en vir die leerders die unieke klanke demonstreer. Hierdie ghong is met trots geborg deur Neofresh. Die ghong gaan gebruik word tydens saalopeninge. Na afloop van die saalopening, het die leerders en graad 12-onderwysers ‘n erewag gevorm tot by die gebied wat die Vinculum-projek huisves. Die matrieks het vir oulaas deur die saal geloop tot by die Vinculum en elkeen het sy of haar slot met sy of haar naam op aan die ketting van die 2019- jaargroep vasgesluit. Hierdie jaar se slotte is geborg deur BUCO Nelspruit. Dit was ‘n baie spesiale geleentheid wat vir nog lank deur die groep onthou gaan word.

Mnr Arno Marais
Heini Pieters en Reuben van der Merwe
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal