Hoƫrskool Strand se toutrekkers het die afgelope naweek Laerskool Hendrik Louw se Feesdag deeglik ondersteun en behoorlik kleur aan die pragtige dag verleen!
Mense wat nog nooit goeie toutrek gesien het nie en nie weet hoe dit werk nie, was aangenaam verras oor hierdie pragtige gedissiplineerde sport wat voor hul plaasgevind het. Die toutrek-kompetisie is goed ondersteun en die onderskeie klubs was almal positief oor hierdie ālusmakerā aan die begin van die toutrekseisoen. Die weer het pragtig saamgespeel en uitstekende toutrek is in ān goeie gees opgedis!
Ondanks die feit dat die Arende baie van hul staatmaker-matrieks verloor het, het hulle gewys dat daar baie potensiaal oor is om die nuwe seisoen met geesdrif aan te pak.
Hoƫrskool Strand se Arend-toutrekspanne wil graag vir Hendrik Louw bedank vir hierdie pragtige gemeenskapsinisiatief en sien uit daarna om in 2020 weer betrokke te raak.