Nelspruit Hoërskool se sewe CANSA-debutante en een ambasadeur het die jaar meer as R50 000 vir die organisasie ingesamel. Hulle het ook die jaarlikse CANSA-bal bygewoon.
Chaney Horn het tussen die NHS-debutante uitgestaan met haar insameling van R10 300 terwyl Clarissa Potgieter ‘n toekenning vir dienslewering vir die meeste ure diens gedoen vir CANSA ontvang het. Sy was onder andere die Toktokkie-‘mascot’ by ‘n magdom geleenthede.
ahttp://www.nelliesh.co.za/nhs-debutante-word-beloon-vir-diensbaarheid/