[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text]
Sewe Nellie-bergfietsryers, Dillon Botha, Anleo Viljoen, Christo Theron, Hijke Coetzee, Suzanne Maré, Jean van der Merwe en Monique Swart het die afgelope naweek Mpumalanga tydens die laaste Spur-skolereeksbyeenkoms verteenwoordig waartydens Hijke Coetzee die bergfietsseisoen op ‘n hoë noot afgesluit het.
Die interskole byeenkoms het Vrydag 5 Oktober In Magaliesburg by Hoërskool Bekker plaasgevind waartydens Hijke ‘n puik naelskraap tweede plek losgery het. Sy was glo maar een sekonde agter die wenner. Die interprovinsiale byeenkoms het Saterdag, 6 Oktober plaasgevind waartydens Hijke ‘n derde plek behaal het.
Sy het dus SA-kleure verwerf. Ander Nellies wat presteer het, is Dillon Botha (15de), Jean van der Merwe (15de), Monique Swart (18de), Suzanne Maré (19de), Anleo Viljoen (22ste) en Christo Theron (29ste)
Die Mpumalanga-span het vierdie uit spanne van Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe en Zambië geëindig.
[/et_pb_text][et_pb_gallery _builder_version=”3.12.2″ gallery_ids=”19040,19041,19042,19043,19044,19045,19046,19047,19048″ posts_number=”8″ show_title_and_caption=”off” zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]