)

Hoërskool Nelspruit-atlete begin hul kleim vir SA’s afsteek

Die jaarlikse sub-distrikte byeenkoms wat verlede week plaasgevind het, was sekerlik half vreemd vir ouers en toeskouers wat aan die gewone formaat van ‘n skole-byeenkoms gewoond is. Al is daar net in drie ouderdomsgroepe (vir hoërskoolatlete) meegeding, het ‘n groot groep Nellies met stewige vertonings, seker gemaak dat hul vir die volgende ronde vir die kies van ‘n Ehlanzeni-span na die provinsiale kampioenskappe, gekwalifiseer het.

Ilke Joubert was vir ‘n stukkie geskiedenis verantwoordelik, toe sy die eerste atleet in NHS se bestaan van 65 jaar, geword het wat die gewig vir meisies 19 (4kg-gewig) verder as 12m kon stoot. Haar wenpoging van 12,17m was ‘n pragtige 906 punte op die uiters strawwe ASA-tabel werd, en oortref haar eie vorige rekord van 11,85m (verlede jaar op Witrivier opgestel) met ‘n volle 32 cm. Marné van Aarde was in dieselfde item, ook op haar stukke toe sy ‘n goeie 10,74m (851 punte) behaal het.

In twee ander gewigstoot-items vir meisies, het die vonke eweneens gespat. Shana Scott (11,88m vir m.15) en Christine Kruger (12,96m vir m.16) het onderskeidelik 886 en 900 punte verwerf – ‘n pragtige prestasie!

Van die ander Nellies wat met blink uitslae getoon het dat provinsiale kleure binne bereik is, is die volgende:

Luthando Mabuza (s.15): 800m – 2:10.54

Werner Geldenhuys (s.15): gewigstoot – 13,95m

Frederick Nel (s.15): gewigstoot – 13,45m

Van Reenen Kruger (s.15): spiesgooi – 45,31m

Lourens Potgieter (s.17): 100m – 11.18 sek.

Xolani Mazibuko (s.17): 100m – 11.20 sek.

Jaytee Boers (s.17): 800m – 2:02.05

Matthys Wessels (s.17): 1500m – 4:22.75

Douw Kruger (s.17): skyfwerp – 43,98m

Jacques Marais (s.17): skyfwerp – 43,56m

Ruan Labuschagné (s.19): 200m – 22.42 sek.

Tertius Mentz (s.19): 800m – 2:00.74

Charlie Naudé (s.19): 800m – 2:01.98

Rhodé Nel (m.15): 100m – 12.58 sek.; ook 200m – 26.08 sek.; en 400m – 62.30 sek.

Jana Engelbrecht (m.15): 100m – 12.91 sek.

Lané Taljaard (m.15): hoogspring – 1,48m

Karien Goosen (m.15): verspring – 4,73m

Jessica Berry (m.17): 1500m – 5:03.09

Mila de Villiers (m.17): 1500m – 5:03.54

Megan Nel (m.17): driesprong – 10,89m

Linmari Potgieter (m.19): hoogspring – 1,60m

Die Ehlanzeni-byeenkoms, waarna ‘n span vir deelname aan die Mpumalanga-kampioenskappe aangewys sal word, vind op 2/3 Maart 2018 op Witrivier plaas.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal