Die jaarlikse sub-distrikte byeenkoms wat verlede week plaasgevind het, was sekerlik half vreemd vir ouers en toeskouers wat aan die gewone formaat van ‘n skole-byeenkoms gewoond is. Al is daar net in drie ouderdomsgroepe (vir hoërskoolatlete) meegeding, het ‘n groot groep Nellies met stewige vertonings, seker gemaak dat hul vir die volgende ronde vir die kies van ‘n Ehlanzeni-span na die provinsiale kampioenskappe, gekwalifiseer het.
Ilke Joubert was vir ‘n stukkie geskiedenis verantwoordelik, toe sy die eerste atleet in NHS se bestaan van 65 jaar, geword het wat die gewig vir meisies 19 (4kg-gewig) verder as 12m kon stoot. Haar wenpoging van 12,17m was ‘n pragtige 906 punte op die uiters strawwe ASA-tabel werd, en oortref haar eie vorige rekord van 11,85m (verlede jaar op Witrivier opgestel) met ‘n volle 32 cm. Marné van Aarde was in dieselfde item, ook op haar stukke toe sy ‘n goeie 10,74m (851 punte) behaal het.
In twee ander gewigstoot-items vir meisies, het die vonke eweneens gespat. Shana Scott (11,88m vir m.15) en Christine Kruger (12,96m vir m.16) het onderskeidelik 886 en 900 punte verwerf – ‘n pragtige prestasie!
Van die ander Nellies wat met blink uitslae getoon het dat provinsiale kleure binne bereik is, is die volgende:
Luthando Mabuza (s.15): 800m – 2:10.54
Werner Geldenhuys (s.15): gewigstoot – 13,95m
Frederick Nel (s.15): gewigstoot – 13,45m
Van Reenen Kruger (s.15): spiesgooi – 45,31m
Lourens Potgieter (s.17): 100m – 11.18 sek.
Xolani Mazibuko (s.17): 100m – 11.20 sek.
Jaytee Boers (s.17): 800m – 2:02.05
Matthys Wessels (s.17): 1500m – 4:22.75
Douw Kruger (s.17): skyfwerp – 43,98m
Jacques Marais (s.17): skyfwerp – 43,56m
Ruan Labuschagné (s.19): 200m – 22.42 sek.
Tertius Mentz (s.19): 800m – 2:00.74
Charlie Naudé (s.19): 800m – 2:01.98
Rhodé Nel (m.15): 100m – 12.58 sek.; ook 200m – 26.08 sek.; en 400m – 62.30 sek.
Jana Engelbrecht (m.15): 100m – 12.91 sek.
Lané Taljaard (m.15): hoogspring – 1,48m
Karien Goosen (m.15): verspring – 4,73m
Jessica Berry (m.17): 1500m – 5:03.09
Mila de Villiers (m.17): 1500m – 5:03.54
Megan Nel (m.17): driesprong – 10,89m
Linmari Potgieter (m.19): hoogspring – 1,60m
Die Ehlanzeni-byeenkoms, waarna ‘n span vir deelname aan die Mpumalanga-kampioenskappe aangewys sal word, vind op 2/3 Maart 2018 op Witrivier plaas.