Die Springbok Willem Alberts is letterlik en figuurlik die hoofseun van alle Monument leiers by die Leeus.
Daar is tans nie minder as ses oud Monna-hoofseuns wat hul loopbane by die Leeus voortsit.
Alberts is verreweg die senior een. Hy was in 2002 die hoofseun toe die volgende hoofseun, Julian Redelinghuys in 2007 nog op die laerskoolbanke was.
Die nuwe rekruut Burger Odendaal was in 2011 die hoofseun, gevolg deur Rhyno Herbst in 2013, Len Massyn in 2016 en Henco van Wyk in 2019.
Alberts is dus 17 jaar ouer as verlede jaar se SA Skolesenter.