)

Welkom Volkskool leerder gekies vir “Sing Aanlyn”

Dean Wepener is gekies deur “Sing-Aanlyn” om deur van ons land se bekendes afgerig te word en op nasionale TV te verskyn in ‘n teaterstuk! Baie geluk Dean! Volkies is baie trots op jou!

“Die beste onderwyser steek ‘n vuur aan in sy leerder se binneste, moedig entoesiasme aan, inspireer sy leerders met ‘n visie van wat hy kan wees, en wys op die waarde en blywendheid van morele, spirituele en kulturele waardes” …. Harold Garnett

Die Bestuur van Welkom Volkskool het sy Bestuursplan eenvoudig saamgestel sodat dit maklik is en wat die “Credo” genoem word. Die Credo is in kort ‘n beredeneerde en vaste oortuiging oor kernwaardes en oor ander aspekte wat van kardinale belang is.
Credo.
Visie.
Ons sien die beste Afrikaanse skool wat finansiëel gesond is waar ons trots is op ons omgewing (Terrein en infrastruktuur), ons kinders Jesus ontmoet het en die beste onderrig (Personeel en hulpmiddels) en geleenthede (Sport en kultuur) gehad het.
Missie.
Die Visie sal realiseer deur:
 Die akademiese Prestasies d.m.v. doeltreffende onderrig tot die hoogs
moontlike individuele peil te ontwikkel.
 Die bevordering van liefde en lojaliteit van ons land.
 Die behoeftes, taal, kultuur en regte van elke groep te eerbiedig.
 Goeie menseverhoudings en kommunikasie aan te moedig.
 Ingebore talente van sy leerders te ontdek en maksimaal te ontwikkel.
 Deelname aan Buitemuurs- en Kultuuraktiwiteite aan te moedig.
 Sport aan te moedig en te ontwikkel.
 „n Aangename, ontspanne werksatmosfeer vir leerders en opvoeders aan te
moedig.
 Bates en Bestuur tot maksimum nut en tot voordeel van die skool aan te wend.
 Om daarna te strewed at elke leerders as „n gebalanseerde individu sy/haar
potensiaal sal verwesenlik.
Slagspreuk.
Groei met vertroue die toekoms in!!.
Kernwaardes.
Vir ons skool is dit belangrik dat:
1. Onderrig sal geskied vanuit „n Christelike Perspektief.
Om dit te bereik doen ons die volgende:
 Elke dag word met skriflesing en gebed geopen.
 Die Christelike boodskap vorm die hoofaktiwiteit tydens saalopening.
 Daar word voorsiening gemaak vir Bybelonderrig tydens
Lewensoriënteringperiodes.
 Alle vakke word vanuit‟ n Christelike Perspektief onderrig.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal