BULTIETROTS. Graad 5 top 3-akademiese presteerders eerste kwartaal.
Baie geluk!
Die SBL verklaar namens die Skool nou die Skool se Beleid vir die Toelating van Leerders tot die Skool of Verskillende Grade by die Skool soos volg:
- AANSOEKE OM TOELATING TOT DIE SKOOL
1.1 Daar word erken dat –
(a) die Departementshoof (Onderwys) (hierna “DH”) en/of amptenare van die departement van onderwys (DVO), insluitende die Prinsipaal, wat deur die DH gedelegeer is (hierna “die DH-gedelegeerde(s)”), vir die administrasie van leerdertoelating tot die Skool verantwoordelik is; en
(b) die DH/die DH-gedelegeerde(s) ‘n registrasieproses vir toelating tot openbare skole moet bepaal sodat leerdertoelating op ‘n tydige en doeltreffende wyse plaasvind.
1.2 Daar word beklemtoon dat die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal hierdie beleid te alle tye sigbaar, billik en ingevolge die wet in aanmerking moet neem tydens optrede ooreenkomstig paragraaf 1.1 hierbo of die beslissingsproses rakende toelatingsaansoeke. Die Skool en sy SBL sal ook van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal verwag om te alle redelike tye volle toegang tot en afskrifte van enige registers of lêers wat as deel van die toelatingsproses gehou word te verkry.
1.3 Die Skool en die SBL sal van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal verwag om die inligtingsbylae vir beheerliggaamdoeleindes (hierby aangeheg) by die voorgeskrewe aansoekvorm in te sluit en die voltooiing daarvan deur die aansoeker te verseker.
1.4 Die Skool en die SBL sal van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal verwag om te verseker dat aansoekers van die volgende in kennis gestel word en ook skriftelik bevestig dat hulle dit gelees het en begryp:
(a) die SBL-grondwet;
(b) die Skool se taalbeleid;
(c) die Gedragskode vir Leerders; en
(d) hierdie toelatingsbeleid.
1.5 Die Skool en die SBL onderskryf die siening dat ingevolge die reg en by gebrek aan ‘n hofbevel tot die teendeel, die wettige Ouer(s)/voog(de) van ‘n minderjarige leerder die uitsluitlike reg het om te besluit by watter skool hulle kind/pleegkind ingeskryf word. Gevolglik aanvaar die Skool en SBL geen aansoek tensy dit ingedien word deur die ouer(s)/voog(de) van, of die persoon/persone met wettige aanspraak op sorg vir die minderjarige leerder, of ‘n persoon/persone wat skriftelik deur hulle daartoe gemagtig word nie. Voorts beskou die Skool en die SBL nougesette nakoming van hierdie benadering as noodsaaklik aangesien dit verseker dat geldige toestemming verleen word vir die behandeling van die leerder in loco parentis, vir die leerder se deelname aan uitstappies, ensovoorts. Gevolglik word daar van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal verwag om te verseker dat hierdie benadering streng nagekom word.
1.6 Die SBL onderneem om die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal in pogings te ondersteun om die persone waarna daar in paragraaf 1.5 hierbo verwys word aan te moedig om voor die einde van die jaar wat die volgende skooljaar voorafgaan, om die toelating van hulle kinders/pleegkinders aansoek te doen.
1.7 Onderhewig aan hierdie beleid vereis die SBL dat die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal leerdertoegang tot openbare skole, waaronder dié Skool, in oorleg met die Skool koördineer, en onderneem die SBL om opbouende ondersteuning te verleen ten einde te verseker dat alle geskikte leerders toepaslik toelating ontvang.
1.8 As ‘n voorvereiste vir enige besluit rakende die toelating van ‘n leerder tot die Skool, vereis die Skool en die SBL dat die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal die volgende bepaling van die Grondwet streng nakom –
“28 (2) – ‘n Kind se beste belang is van deurslaggewende belang in elke aangeleentheid wat die kind raak”.