“Elke persoon het die vermoë en verantwoordelikheid om daagliks ‘n positiewe impak te maak”. Dasse se Leerlingraad van 2018 het hulle harte oopgemaak vir CARS (Community Animal Rescue) en het leerders aangemoedig om vir behoeftige diere kos skool toe te bring.
CARS is ‘n nie-winsgewende organisasie wat uit vyf lede bestaan. Hulle visie is om katte en honde te steriliseer, om inentings te doen en loop van huis tot huis om te sien waar hul behoeftige diere en mense kan help. Hulle leer ook die gemeenskap hoe om mooi na ‘n dier om te sien. Die organisasie kry befondsings deur donasies van die gemeenskap en deur ‘n fooi wat mense betaal as diere aangeneem word. Sandra Lotz, (voorsitter van CARS) kan by 0829621831 gekontak word vir enige navrae of skenkings.
Op die foto verskyn van links: Daniel Janse van Rensburg, Lourens van Vuuren, Remondo Februarie, Sandra Lotz (voorsitter van CARS), Robyn Learmonth (tesourier van CARS), Elrike Kleynhans en Anja du Toit tydens die oorhandiging.