Hoërskool Langenhoven se netbaldogters het vanaf 26 – 28 Februarie 2018, ‘n afrigtingskliniek by die skool bygewoon, wat aangebied was deur Mev. Burta de Kock, voormalige Protea-afrigter.
Mev. Burta de Kock en twee aanbieders (Crinum-spelers; die Cheetas van netbal!), het die leerders en afrigters nuwe vaardighede en tegnieke aangeleer. Die kursus was ‘n reuse sukses en elke Dassie het met nuwe vaardighede en kennis huis toe gestap!
Mev. Burta de Kock is ‘n ongelooflike inspirerende afrigter en het alle fasette van ‘netbalwees’ saam met haar twee aanbieders hanteer.
Hoërskool Langenhoven wil die span Kovsie-afrigters hartlik bedank, maar wil ook graag baie dankie sê vir Charlene Cronje vir die verblyf van die afrigters, wat die kliniek se reëlings vergemaklik het.
Op die foto verskyn voor, van links: Nicole Claassen, Adunaike Herling, Leané Pottas, Burta de Kock, Iné Lourens, Elana van Zyl en Alicia Sambo.